As gevolg van die streng handelsbeperkings op pluimvee, tussen Brasilië en Suid-Afrika, is duisende werksgeleenthede nou in gedrang en is daar ‘n verhoogde risiko dat voedselinflasie weer kan styg.

Dit as gevolg van ‘n enkele geval van Newcastle-siekte in Rio Grande do Sul in Brasilië.

Maroela Media berig verder dat, volgens Roy Thomas, die pluimveebedryf nog herstel nadat dit deur ʼn onlangse uitbreking van voëlgriep lamgelê is.

Die onmiddellike beperkings is deur die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling ingestel, en is van toepassing op alle een dag-oue-kuikens, broei-eiers, tafeleiers en hoendervleis. Alle ongebruikte invoerpermitte is ook gekanselleer.

Behalwe vir die kansellasie van permitte sal besendings wat reeds na Suid-Afrika op pad is en enige produkte bevat wat op of na 18 Junie 2024 in Rio Grande do Sul finaal verpak is, afgekeur en teruggestuur word na Brasilië – óf op die invoerder se onkoste vernietig word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×