Durban se eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit sê sy spanne werk daaraan om die probleme wat tot die sluit van sommige strande gelei het op te los.

Eyewitness News berig die metro het verlede week weens besoedeling die tydelike sluiting van vier strande aangekondig. Dit het kommer by vakansiegangers wat die stad gedurende hierdie feestyd gaan besoek, laat ontstaan.

Owerhede het gesê ‘n stukkende pomp en verouderde infrastruktuur het tot dié krisis gelei, maar dat 21 van die 23 strande tans oop is. Alhoewel die Battery- en Bay of Plenty-strande veilig verklaar is, bly Ansteys- en Reunion-strande egter gesluit. Volgens die stad se bestuur sal alles na verwagting die naweek opgeklaar wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×