Suid-Afrika is nou die hoofskakel in Afrika se kokaïen-verspreidingsketting en sindikate in Bloemfontein sorg dat dié wit poeier hul klante in Lesotho bereik.
Rapport berig ‘n verslag deur die Global Initiative Against Transnational Organized Crime, wys dat dié dwelmmidddel vanuit Suid-Afrika na sy buurlande asook na Europa, Asië en Australië versprei word.
Kokaïen wissel hande by hawens en lughawens in die land, en word dan nasionaal en internasionaal versprei.
Dwelmsmouse van Bloemfontein het glo nie baie moeite om kokaïen in Lesotho in te neem nie.
Voertuie word skynbaar selde by grensposte ondersoek en wetstoepassers is na bewering ook maklik omkoopbaar.
Nagenoeg 350 000 Suid-Afrikaners gebruik kokaïen.
Bevindings in die verslag dui daarop dat tot soveel as 20% van die kokaïen wat die land binnegebring word, vir die Suid-Afrikaanse dwelmmark bestem is.