E ddie van Halen is oorlede na ’n lang stryd teen keelkanker

Die legendariese rock-kitaarspeler en medestigter van die groep Van Halen, Eddie van Halen, is oorlede na ’n lang stryd teen keelkanker.

Hy was 65.

Hy is in die St John’s Hospitaal in Los Angeles dood.

Van Halen is onder die 20 kunstenaars wat die meeste albums ooit verkoop het.

Die groep is in 2007 in die Rock and Roll Hall of Fame opgeneem.

Die tydskrif Rolling Stone plaas Eddie van Halen agste op die lys van 100 beste kitaarspelers.

Luister na potgooie hieronder