e-NCA verslaggewer onskuldig bevind na aanklagte van rassisme

Die uitsaaiklagtekommissie (UKKSA) het Vrydag bevind dat die e-NCA verslaggewer, Lindsay Dentlinger, in ‘n onlangse uitsending nie rassisties opgetree het na ‘n masker voorval nie.  Netwerk24 berig Dentlinger is van rassisme aangekla toe sy in ‘n onderhoud met Nqabayomzi Kwankwa van die UDM, na die begrotingsrede, vir hom gevra het om sy masker aan te sit terwyl hy die onderhoud voer, maar oomblikke voor dit het dr. Pieter Groenewald leier van die VF-Plus ‘n onderhoud met Dentlinger gevoer sonder om ‘n masker te dra.  Klaers was van mening dat Dentlinger rassisties is omdat Kwankwa gevra is om sy masker te dra maar Groenewald nie. Die UKKSA het die verslaggewer onskuldig bevind en gesê haar optrede en versoek het nie rassehaat bevorder nie.

Luister na potgooie hieronder