Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê hy sal die publiek ses maande gee om insette te gee vir die oorweging van elektroniese stemming (of, e-stemming) in Suid-Afrika.
Dit is vroeër Woensdag tydens ‘n media-inligtingsessie aangekondig.
Die OVK het ‘n opdatering gegee oor die aantal inisiatiewe wat onderneem is ter voorbereiding van die 2026 plaaslike verkiesing.
Dit volg nadat die kommissie vroeër vandeesmaand ’n drie dag lange e-stemkonferensie in Kaapstad gehou het om ’n openbare debat oor die aangeleentheid van stapel te stuur.
Die OVK se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo sê die insette sal die uitkomste van e-stemming help.
LUISTER: