Gauteng sal na verwagting geld by finansiële instellings leen om sy e-tolskuld aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, of Sanral, terug te betaal. Dit is volgens premier, Panyaza Lesufi, wat gister tydens ‘n media-inligtingsessie na sy provinsiale rede gepraat het.
Die provinsie skuld meer as 12-miljard rand aan die padagentskap. Lesufi sê hul plan is verlede maand goedgekeur. Hy het herhaal dat inwoners nie verder rekeninge vir e-tol hoef te betaal nie, aangesien die stelsel vanaf 31 Maart geskrap gaan word. News 24 berig meer as twee-honderd-en-sewentig-miljoen rand is gedurende die eerste ses maande van 2023 deur Gauteng motoriste betaal. Lesufi het gesê die mense van Gauteng het egter die stesel verwerp.