Eben Etzebeth sal môre die Springbok-rugbyspan ter nagedagtenis van sy pa in Auckland aanvoer.
Nadat sy pa, Harry, vroeër die week oorlede is, moes Eben self besluit of hy kans sien vir die wedstryd.
Mwandile Stick, wie die Bokke se agterlyn afrig, het vandag by ‘n mediakonferensie gesê Eben het gekies om môre te speel, en dat hy hierdeur eer aan sy pa wil betoon.
Volgens Stick kan jy nie vir ‘n beter wedstryd vra as een teen die All Blacks nie.
Die 69-jarige Harry het aan kanker gely.