Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, sal ná 15 jaar in die amp, nie na die Kabinet terugkeer nie. Hy is een van die ministers wat nooit gedurende sy ampstermyn by enige korrupsieskandale betrek is nie.

Patel het aan news24 gesê dit is ‘n enorme eer om die land te kon dien, maar hy glo dat nuwe bloed die departement tot voordeel sal strek. Hy sê sy uittrede is nie ‘n hals-oor-kop-besluit nie, en dat hy president Cyril Ramaphosa reeds in 2019 hieroor ingelig het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×