Een aanklagte van meineed teen die Openbare Beskermer is teruggetrek

Een van die aanklagte van meineed teen die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, is vroeër vanoggend deur die Pretoriase Streekhof teruggetrek.

Netwerk24 berig dat dit een van drie aanklagte van meineed is wat die OB in die gesig staar.

Luidens berigte volg die terugtrekking nadat Mkhwebane se regspan vertoë aan die nasionale direkteur van openbare vervolging gerig het.

Die drie aanklagte hou verband met vergaderings wat Mkhwebane as OB met oudpres. Jacob Zuma gehad het, waar beweer word dat sy onder eed gelieg het.

Mkhwebane se regspan gaan nou ook verdere vertoë rig teen die ander twee aanklagte.

Luister na potgooie hieronder