Een van die beskuldigdes in die Piet Bester-moordsaak het erken hy het die landdros aangeval.

Netwerk24 berig Bester was ’n afgetrede landdros en oud-rugbyspeler wat op sy hoewe in Glen, buite Bloemfontein, vermoor is.

Sy twee werkers en beskuldigdes, Jan Bangile Deal en Letiscia Adams, is op 12 Januarie in hegtenis geneem.

Ondersoekbeampte, Jan Greef getuig gister in die hof dat Deal het op die aand van sy inhegtenisneming gesê dat hy onder die invloed van alkohol in ’n gestryery vir Bester met tuingereedskap aangerand het.

Greef getuig ook dat een van Bester se bankkaarte nie in sy beursie was nie terwyl R 4000 op die aand van 10 Januarie uit sy rekening onttrek was.

Adams het nie die stryery aangemeld nie, uit vrees dat Deal haar ook sou aanrand.

Deal het glo vantevore vir Bester in die rivier probeer verdrink, maar Bester was te sterk vir hom.

Albei bly in aanhouding.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×