‘n Drie-en-sewentigjarige Britse man is dood en meer as 30 mense beseer toe ‘n vlug van Singapore Airlines vanaf Londen na Singapoer ‘n lugholte getref het.

Sewe van die beseerdes is ‘n ‘n bedenklike toestand. Vlugopsporingsdata toon vlug SQ 321 het oor die Baai van Bengale meer as een-duisend-800-meter van sy kruishoogte geval.

‘n Passasier het aan Reuters gesê die vliegtuig het skielik begin kantel, gevolg deur ‘n baie dramatiese val.

Mense wat nie gesit of sitplekgordels aangehad het nie, het onmiddellik teen die plafon opgeskiet.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×