Een mens is dood en nog 21 is beseer, in ‘n skietery wat laat Woensdagaand, Suid-Afrikaanse tyd, by die Kansas City Chiefs se Super Bowl-oorwinningsparade uitgebreek het.
Owerhede van Kansas City in Missouri, sê nege van die diegene wat ernstige beserings opgedoen het, is kinders. Hoewel die motief nie bekend is nie, berig BBC News die skote het begin klap, nadat sekere mense in ‘n struweling betrokke geraak het.
Die polisie het drie verdagtes in verband met die skietery in hegtenis geneem. Daar bestaan geen vermoede dat die voorval terrorisme-verwant is nie.