Een mens is dood en vier ander is beseer in vanoggend se padongeluk naby die Verkeerdevlei-tolplaza by Bloemfontein. Daar word berig dat ‘n motor en twee vragmotors in die noodlottige ongeluk betrokke was.

Die oorledene is op die toneel dood verklaar, terwyl die beseerdes na hospitale in Bloemfontein en Winburg gehaas is. Wetstoepassers en nooddienste is steeds werksaam, en verkeer word via alternatiewe roetes herlei terwyl die toneel opgeruim word. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×