Die beweerde argitek agter die moord op ’n voormalige besturende direkteur van City Med-hospitaal, Stanley Bakili, het weer ʼn nuwe regsverteenwoordiger aangestel. Netwerk24 berig Adv. Frans Dlamini van Regshulp SA tree sedert gister as sy nuwe regsverteenwoordiger op, maar regter Joseph Mhlambi het die verhoor tot April uitgestel sodat Dlamini tyd het om voor te berei.
Die voormalige besturende direkteur van City Med-hospitaal in Bloemfontein, Louis Siemens is in Mei 2018 in die kelderverdieping van die Prellerplein-winkelsentrum in Bloemfontein vermoor. Die beweerde meesterbrein, Stanley Bakili, is reeds op ses aanklagte in verband met die moord skuldig bevind, maar hy moet nog gevonnis word.
Sy vorige regsverteenwoordiger was glo net een van verskeie prokureurs wat homself onttrek het weens teenstrydige instruksies van Bakili.
Bakili is reeds skuldig bevind aan moord, geldwassery, afpersing, dwarsboming van die gereg en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.