Een persoon is dood en nog een ernstig beseer nadat die twee-sitplek vliegtuig waarin hulle gevlieg het kort nadat dit opgestyg het van die Bram Fischer lughawe in Bloemfontein neergestort het. Netwerk24 berig, die vliegtuig wat vir opleidings-doeleindes gebruik is, het Saterdag-oggend opgestyg en met landing sowat ‘n kilometer van die landingstrook neergestort. Volgens bronne het die vliegtuig aan die brand geslaan nadat dit neergestort het. ‘n Geregtilike doodsondersoek is geloods.