Ná 24 opeenvolgende oordragte is die Lotto-boerpot uiteindelik gewen.
IOL berig volgens die trekkingstaat van Nasionale Lotto Ithuba sal die wenner meer as R103.5 miljoen ná die onlangse trekking huis toe neem.
Ithuba sê dit is die tweede hoogste boerpot ooit wat in die Suid-Afrikaanse Lotto-geskiedenis gewen is.
In 2018 is die hoogste boerpot van R110 miljoen deur vier mense gewen, gevolg deur die R100 miljoen-boerpot wat in Augustus 2024 gewen is.
Daar was geen wenners vir die Lotto Plus 1 en Lotto Plus 2-boerpotte nie, wat onderskeidelik na R17 miljoen en R5 miljoen vir die volgende trekking oorgedra word.