Met bykans een uit elke vier meisies wat voor die ouderdom van 20 swanger raak, het Suid-Afrika een van die hoogste syfers van tienerswangerkappe ter wêreld.
Luidens News24 het meer as 145 tieners in die land op Kersdag geboorte geskenk.
Nomakhosazana Meth, Oos-Kaapse LUR vir Gesondheid, sê in die voorafgaande boekjaar het ongeveer 553 meisies van tussen 10 en 14 jaar oud, swanger geraak.
Daar is nou ‘n voorneme om elke minderjarige swangerskap by die polisie aan te meld, sodat statutêre verkragtings-ondersoeke gelas kan word.