Dit het gister in die Bloemfonteinse landdroshof uitgekom dat een van die beskuldigdes in die Thabo Bester-ontsnappingsaak, skynbaar alle betrokkenes se name vir die polisie gegee het.
Bester, die sogenaamde Facebook-verkragter, wie agter tralies was omdat hy skuldig bevind is aan verkragting en moord, se minnares, Nandipha Magudumana het haar aansoek om borgtog gister uitgestel.
Hierna het vyf van haar medebeskuldigdes verklarings afgelê waarin hulle sê dat hulle onskuldig op alle aanklagte gaan pleit.