Die voormalige president, Thabo Mbeki, het Eskom daarvan beskuldig dat hy doelbewus beurtkrag georkestreer het. Mbeki het tydens ‘n gesprek-sessie by Unisa beweer dat ondanks waarskuwings aan die regering in 1998 oor die behoefte aan bykomende opwekkingskapasiteit dit nie die ware oorsake van die kragonderbrekings was nie.

Hy stel eerder voor dat dit doelbewus deur Eskom se steenkool-bestuurders geskep is. IOL berig Mbeki het gesê hy het in 2008 verskoning gevra vir die eerste beurtkrag, maar dit kon verhoed gewees het omdat kragstasies te min steenkool gehad het. Volgens ‘n destydse verslag van die Spesiale Ondersoek-eenheid was tenders vir steenkool oopgemaak vir enigeen en die prys van steenkool het verdubbel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×