Een van die grootste inentingsprogramme teen Covid19 ter wêreld, sal na verwagting vandag in Indië begin

 Een van die grootste inentingsprogramme teen Covid19 ter wêreld, sal na verwagting vandag in Indië begin

Een van die grootste inentingsprogramme teen Covid19 ter wêreld, sal na verwagting vandag in Indië begin.

Miljoene dosisse van Covishield en Covaxin is in Indië versprei om hoërisikogroepe eerste in te ent.

Covishield is die AstraZeneca/Oxford-entstof wat deur die Serum Instituut van Indië vervaardig word.

Die Covaxin-entstof is deur die Indiese farmaseutiese maatskappy, Bharat Biotech, ontwikkel.

Suid-Afrika verwag sy eerste entstofbesending van Indië einde Januarie of vroeg Februarie.

Intussen het die adjunk-direkteurgeneraal van Gesondheid, Anban Pillay, gesê die regering sal die kwessie dat die Wes-Kaapse regering ‘n entstof onafhanklik van die regering wil aankoop, moet bespreek.

Dit kom nadat die DA bevestig het dat die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, met farmaseutiese vervaardigers in gesprek is in ‘n poging om ‘n entstof teen Covid-19 te bekom, wat onafhanklik is van die regering se samesprekings.

Gerdie Karstens