Een van die land se mees vereerde soldate, Jan Breytenbach, is gister in ‘n hospitaal in George dood. Hy was 91. Die voormalige kolonel was ‘n spesiale magte offisier en skrywer van militêre boeke. Hy is ook die broer van die skrywer en digter Breyten Breytenbach, en die oorlogskorrespondent en fotograaf Cloete Breytenbach.

Breytenbach was die eerste bevelvoerder van 32 Bataljon, en was onder meer ook in ‘n beheer van 44 Valskermbrigade. Hy was in ‘n stadium lid van die Britse Koninklike Vloot, waar hy sy Engelse vrou, Rosalind, ontmoet het. Breytenbach het in 1987 uit die weermag getree en die meeste van sy tyd bestee om militêre en natuurbewaringsboeke te skryf. Hy word oorleef deur sy vrou, sy seun Richard, dogter Angela en twee kleinkinders.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×