Die Universiteit van die Vrystaat, of UV, het Vrydag een van die land se voorste natuurkundiges, Dave Pepler, met ‘n eredoktorsgraad in dierkunde op die Bloemfontein-kampus vereer.

Netwerk24 berig die 73-jarige Pepler, wat reeds talle ekspedisies na verskeie wêrelddele onderneem het, is veral bekend as aanbieder van die kykNET-program, Groen. Pepler het gesê die eredoktorsgraad is die laaste ding wat hy ooit verwag het.

Volgens Pepler was hy nooit volwaardig deel van die akademie nie. Hy het dekades lank as ’n tegnikus in ’n laboratorium gewerk, voordat hy Cambridge toe is.

Pepler het van 1974 tot 2005 as tegnikus en senior dosent aan die Universiteit Stellenbosch, of US, gewerk.

Hy het tot verlede jaar as onafhanklike dosent aan die US gewerk.

Aldus Pepler is hy baie trots op die toekenning, maar het bygevoeg dat dit nog onwerklik is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×