Een van die wêreld se mees gedugte volksmoord-verdagtes soek nou asiel in Suid-Afrika.

Fulgence Kayishema is een van die laaste voortvlugtiges waarna daar wêreldwyd gesoek is oor volksmoord in 1994 in Rwanda.

Hy het na bewering deelgeneem aan een van die volksmoord se bloedigste aanvalle toe duisende mans, vroue en kinders, wat in ʼn kerk skuiling gesoek het, vermoor is.

Rosestad-nuus het vroeër berig die 62-jarige Kayishema is verlede maand in die Paarl in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.

Maroela Media berig hy vrees vir sy lewe indien hy uitgelewer sou word.

Hy was 22 jaar lank voortvlugtig en staan tereg op 54 immigrasieverwante aanklagte in Suid-Afrika.

Geen formele aansoek vir sy uitlewering is tot dusver ontvang nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×