Een van die mans wat teregstaan weens die vermeende aanranding op twee broers by ’n vakansieoord buite Bloemfontein op Kersdag, gaan moontlik volgende week probeer om ‘n pleitooreenkoms met die staat te bereik.
Kobus Klaassen se medebeskuldigde, Johan Nell, verskyn na verwagting ook volgende week in die streekhof, op aanklagte van onder meer aanranding insluit.
Netwerk24 berig die staat voer aan Klaassen het ‘n agtienjarige in die swembad probeer verdrink, met die doel om hom te vermoor.
Hy word ook van aanranding aangekla omdat hy sy vermeende slagoffer glo aan die nek gegryp het.
Jan van der Westhuizen, die ander beskuldigde, is vroeër ’n boete van R4000 of ’n jaar tronkstraf opgelê, asook 3 jaar tronkstraf wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is.