Een van die sewe mans wat gister uit die Waainek-tronk in Makhanda in die Oos-Kaap ontsnap het, is gister in Bloemfontein weer in hegtenis geneem.

Netwerk24 berig voorts, Simba Masinga, ‘n Zimbabwiër, is een van vyf beskuldigdes wat vroeër die maand saam skuldig bevind is aan sameswering tot renosterstropery.

Die polisie soek steeds na die ses ander mans wat saam met Masinga uit die tronk ontsnap het.

Twee van dié mans was in die tronk vir onder meer moord en poging tot moord.

Speurders probeer intussen vasstel hoe Masinga in Bloemfontein beland het.

Hy sal in die landdroshof in Makhanda verskyn sodra hy aangekla is van ontsnapping uit geregtelike aanhouding.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×