ʼn 39-jarige verdagte het na verwagting op Vrydag 6 Desember in die Bloemfontein-landdroshof verskyn nadat hy deur die Bloemfontein-gebaseerde Eenheid vir Ernstige Korrupsieondersoeke in hegtenis geneem is.
Volgens ʼn polisie-mediaverklaring staan hy tereg op aanklagte van beweerde bedrog, vervalsing, die voorhou van vervalste dokumente en geldwassery.
Nadat die saak aan die Valke gerapporteer is, is twee lasbriewe vir die inhegtenisname van die direkteure van albei maatskappye uigereik.
Die eerste verdagte is Donderdag 5 Desember opgespoor en in hegtenis geneem en die tweede verdagte sal binnekort volg.