Een verdagte is aangekeer nadat ‘n bekende boer, die 81-jarige Hendrik Venter, van die Kuruman distrik by sy plaashek oorval en vermoor is. Netwerk 24 berig dat die aanvallers ‘n onbekende bedrag geld gebuit het voordat hulle gevlug het. Venter se buurman het hom by sy hek aangetref en dadelik die polisie ontbied. Die polisie het dadelik die 72-uur aktiveringsplan geimplimenteer en ‘n grootskaalse soektog is van stapel gestuur. Drie verdagtes is opgespoor waarvan twee gevlug het. Die Noord-Kaapse polisie doen ‘n beroep op die publiek om na vore tree met enige inligting wat kan help met die saak.