Een van ‘n groep verdagtes in Saterdag se transito-rooftog by Wolmaransstad in Noordwes, het gister hier in die hof verskyn.
Die 29-jarige Khumo Maleshane is kort na die rooftog in Potchefstroom vasgetrek.
Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig ‘n groep gewapende rowers het die transito-rooftog uitgevoer deur met opset in ‘n geldwa op die N12-snelweg by Wolmaransstad vas te jaag.
Een van die vier voertuie, waarin sommige van die verdagtes was, het reg van voor in die geldwa vasgery.
Hierna het die rowers skote afgevuur en die geldwa met plofstof opgeblaas.
Die rowers het met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug.
Die vermoede bestaan dat sommige van die verdagtes beseer is toe hulle in die geldwa vasgery het.
Die Valke-woordvoerder, kaptein Tlangelani Rokhotso, het gesê Maleshane bly vir nou in aanhouding en die ondersoek duur voort.