Die eerste 200 van sowat 550 mynwerkers wat sedert Sondagaand ondergronds by die Gold One Modder-Oos-myn in Springs gyselaar gehou is, het vanoggend na die oppervlak gekom. Dit is aan Netwerk 24 bevestig deur die nasionale woordvoerder van die National Union of Mineworkers, of NUM, Livhuwani Mammburu. Hy het gesê 15 mynwerkers is onder in die myn beseer. Die mynwerkers wat opgekom het, sal ‘n mediese ondersoek ondergaan. Die mynwerkers het aan Mammburu bevestig hulle is deur 40 ander mynwerkers as gyselaar aangehou. Die geskil het glo ontstaan omdat die Association of Mineworkers and Construction Union, of Amcu, die meerderheid lede het, maar die mynbestuur erken nie die vakbond nie. Die res van mynwerkers behoort binnekort uit die myn te kom. Amcu ontken dit was ‘n gyselaar situasie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×