“Die apartheidsbestel was inherent korrup, maar in die demokratiese Suid-Afrika is korrupsie soos ‘n kanker wat na alle dele versprei”.

Dit aldus die kerkleier, eerwaarde Frank Chikane, toe hy Saterdag by ‘n nasionale biddag aan die Oos-Rand gepraat het.

Netwerk24 berig die Evangeliese Alliansie van Suid-Afrika het dié nasionale gebedsdag met die tema, “SA, let’s Pray,” aangebied.

Volgens Chikane weeg die korruptes so swaar dat basiese dienste nie eers aan mense gelewer kan word nie, selfs al is daar geld. Hy het gesê wyle oudpresident Nelson
Mandela en oudpresindent Thabo Mbeki het nog probeer om korrupsie hok te slaan, maar dat korrupsie nou soos ‘n kanker is wat Suid-Afrikaners se bestaan bedreig.

Die gebedsgeleentheid het ten doel gehad om verskeie kerdenominasies en kulture byeen te kry om vir die land, sy inwoners en die 2024-verkiesing te bid.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×