EFF dreig met regstappe oor die heropening van politieke speelveld

 EFF dreig met regstappe oor die heropening van politieke speelveld

Die EFF dreig met regstappe indien president Cyril Ramaphosa nie teen Vrydag die politieke speelveld heropen nie.

Volgens die huidige gewysigde Vlak-3 inperkingsmaatreëls word byeenkomste van meer as 50 mense nie toegelaat nie wat sittings van munisipale rade en nasionale en provinsiale wetgewers insluit.

Volgens die EFF sal die verbod op politieke saamtrekke ‘n beduidende effek op partye se voorbereiding hê vir die plaaslike regeringsverkiesings wat na verwagting tussen Augustus en November vanjaar sal plaasvind.

Die party het verder aangevoer dat dié maatreël onregverdig en ondemokraties is.

Die EFF versoek van president Ramaphosa om dit te wysig met die Covid-19 gesondheids- en sosiale afstand protokolle.

LeandreAdmin@