Verskeie leerlinge van Hoërskool Pinelands is geskors nadat hulle verlede week ‘n slaweverkoping-video op die skoolterrein gefilm het.
Die video, met die opskrif “Slavery at school is crazy”, is op sosiale media versprei en die EFF dreig om betogings te hou en die skool se deure te sluit.
Hulle het ook ‘n beroep gedoen op die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) om stappe te neem. Die EFF is volgens IOL van mening dat die leerlinge saam met hulle ouers gedwing moet word om gemeenskapswerk in die townships te doen.
Bronagh Hammond, die woordvoerder vir die WKOD, het gese hulle is bewus van die video en het dit as ontstellend bestempel. Na bewerings van rassistiese afknouery is die skool reeds met ondersoeke in terme van hul dissiplinere prosedures besig.