Die ANC-koukus in die parlement sê sommige opposisiepartye is bloot opportunisties in hul pogings om teen president Cyril Ramaphosa saam te span oor die Phala Phala-diefstal. Intussen het die leier van die EFF, Julius Malema, na die DA gekap omdat dié party nie ʼn moontlike mosie van wantroue in die president wil ondersteun nie. Opposisiepartye het verlede week aangedui dat hulle die mosie gaan aanvra en ook daarop gaan aandring dat die stemproses in die geheim plaasvind. Die DA het egter op die nippertjie gesê dat hy nie die mosie van wantroue ondersteun nie, aangesien die president eerder eers in ʼn staat van beskuldiging met ʼn gevolglike ondersoek geplaas moet word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×