Die EFF het blykbaar ’n lening van R60-miljoen by Standard Bank aangegaan om sy verkiesingsveldtog te finansier.
Die party het glo ook van hierdie geld vir sy veldtogsaamtrekke gebruik.
Julius Malema sê sy party het die R37-miljoen, wat van die OVK ontvang is, gebruik om verlede jaar die EFF se tiende bestaansjaar te vier.