Floyd Shivambu EFF-LP, het hoofregter Raymond Zondo twee keer in die rede geval, met ‘n versoek dat die Nasionale Vergadering vir 30 minute moet verdaag. Toe Shivambu sy versoek ‘n tweede keer rig, was dit driftig, en het dit ook ‘n dreigement bevat. Hy het gesê die hoofregter moet die EFF nie forseer om ander stappe te neem nie.

Hy het gesê die versoek word gerig, om die EFF die geleentheid te gee om te beraadslaag, en ook dat dit hulle Grondwetlike reg is. Sy tweede versoek is gerig, net toe Zondo oorgegaan het na die proses om ‘n Speaker te verkies. Die hoofregter wou by die EFF weet waarom hulle nie lankal reeds gekoukus het nie. Zondo het ‘n toegewing gemaak dat die parlement vir 15 minute kan verdaag, om bene te rek.

Terwyl ‘n regering van nasionale eenheid, ‘n waterskeiding-oomblik in Suid-Afrika se geskiedenis kan wees, wil dit intussen vir ActionSA voorkom of besluite hieroor, nie met die nodige ontsag hanteer word nie. Athol Trollip van ActionSA, het vanoggend aan Rosestad-nuus gesê hy staan verslae, oor die traak my nie-agtige houding. Hy sê dit is juis verstommend aangesien dit van die grootste partye is, wat ongeërg voorkom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×