Die EFF-leier Julius Malema en vyf ander LP’s is skuldig bevind aan minagting van die parlement nadat hulle vanjaar tydens pres Cyril Ramaphosa se staatsrede die verhoog bestorm het en geweier het om die sitting te verlaat. Die voorgestelde straf vir die ses is om geskors te word van 6 Februarie tot 16 Februarie, tot na die staatsrede volgende jaar op 8 Februarie, aldus Maroela Media. Malema en die ander EFF-lede het hulle Maandag aan die verhoor onttrek en gesê dit is ‘n kangaroehof. Die magte-en voorregte komitee het met die saak voortgegaan. Adv Anton Katz, inisieerder van die verhoor, het aan die komitee gesê daar is duidelike bewyse dat die EFF die funksie van die parlement belemmer het deur die onrus te begin en die speaker se opdrag te verontagsaam. Die komitee sal vandag op ‘n gepaste straf besluit.