Die EFF-studentebeweging by die Sentrale universiteit van Tegnologie in  Bloemfontein dreig dat hulle volgende week wanneer die instelling se akademiese jaar begin, nie klasse gaan bywoon nie. EFF-lede het betoog en die hoofingang van die kampus met rommel en asblikke versper. Hulle betoog oor sommige studente nog nie hul uitslae, of briewe dat hulle hul kwalifikasies voltooi het, ontvang het nie. Hulle is ook ontevrede dat in sommige gevalle NSFAS-toelaes vir boeke en verblyf vir verlede jaar steeds nie uitbetaal is nie. Volgens ‘n lid van die beweging, Metsing Matlhaku, het hulle die bestuur van die universiteit van die kwessies in kennis gestel.

1 Comment

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×