Die EFF het gesê die party is bereid om op nasionale vlak sy gewig by die ANC in te gooi indien laasgenoemde nie meer as 50% steun in die verkiesing kry nie. Julius Malema, leier van die EFF het gister tydens ‘n onderhoud op die platform Frank Dialogue, gesê al eis wat die EFF met ‘n ANC-koalisie sal hê is dat die EFF onderleier, Floyd Shivambu, minister van finansies word.

Volgens Malema benodig die departement van finansies iemand wat radikaal is. Malema het gesê die department van finansies word steeds deur die “Stellenbosch-groep” beheer en besit. ‘n Politieke ontleder, prof Bheki Mngomezulu, het by navraag aan Netwerk 24 gesê indien die ANC minder as 50% steun tydens die verkiesing kry, sal hy met ander politieke partye moet saamwerk. Dié partye sal eise aan die ANC stel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×