Effense daling in koronavirus-sterftes en -infeksies

Die aantal mense wat weens Covid-19-verwante siektes gesterf het, het volgens die jongste verslag van die Departement van Gesondheid aansienlik gedaal. Nog 48 sterftes is aangemeld, wat die totaal op 18-duisend-891 te staan bring. Die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes sê ál die provinsies, behalwe KwaZulu-Natal, het dalings in hulle weeklikse voorkomsrisiko’s aangemeld. Die Vrystaat het die hoogste getal, met 72 gevalle per 100-duisend mense terwyl die Wes-Kaap slegs 20 gevalle per 100-duisend aangemeld het. Daar was ’n daling van vyf-komma-twee persent in Gauteng en drie-komma-sewe-persent in die Oos-Kaap. In Limpopo was die voorkomsrisiko minder as 15 per 100-duisend.

Luister na potgooie hieronder