Eskom het aangekondig dat fase 5-beurtkrag vanaf vyfuur vanoggend tot vieruur vanmiddag geïmplementeer sal word.
Dit is ‘n afgradering vanaf fase 6 wat die grootste deel van hierdie week gegeld het. Die kragvoorsiener sê dit is as gevolg van verbeterde opwekkingskapasiteit en noodreserwes. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sê nog ‘n opdatering sal vanmiddag gepubliseer word.
Intussen, het Eskom onder die nuwe bestuurspan nog nie verder enige van die Sogenaamde Solidariteit-100, Eskom se ou garde gewerf nie, maar wel 510 ander mense aangestel, berig Netwerk24. Van hulle is net 102 ingenieurs. Solidariteit het in 2022 ‘n lys van ‘n honderd kundiges, sommige voormalige Eskom-werknemers, voorgestel om die kragverskaffer reg te ruk.
Slegs 18 van Solidariteit se kandidate is aangestel. Die regering het glo ingetree en teen die Solidariteit-aanstellings besluit.