Egipte bied vir eers ‘n veilige hawe aan Suid-Afrikaners wie pas vanuit die geweldgeteisterde Soedan hierheen na veiligheid gebring is.

Doktor Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, of Dirco, het vanoggend in Pretoria gesê die terugkeer na hul Vaderland, word nou aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag oorgelaat.

Netwerk24 berig volgens Pandor is boorlinge van Angola, Namibië en Zimbabwe ook deur Suid-Afrika se span en netwerke, na veiligheid gebring.

Pandor het die skietstilstand van drie dae as die begin van die vredesproses in Soedan bestempel.

Die Afrika-Unie en leiers moet onverpoos voortgaan om blywende vrede tin Soedan te bewerkstellig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×