‘n Egpaar van die plaas Weltevreden tussen Heilbron en Sasolburg sal vandag in die rondgaande hooggeregshof op Sasolburg op ‘n aanklag van moord teregstaan. Dit volg nadat ‘n man wat op die plaas gewoon het, glo met ‘n knopkierie doodgeslaan is.

Netwerk 24 berig die 38- jarige Annemarie Smith en haar 39-jarige man Petrus, sal waarskynlik in ‘n voorverhoor verskyn nadat hulle ‘n man, bekend as Alex, in September 2021, op die plaas vermoor het. Die staat beweer Petrus het die oorledene glo met ‘n vuurwapen gewond en Annemarie het hom met ‘n knopkierie doodgeslaan.

Die egpaar het die dag van die voorval glo op die plaas aangekom en gesien een van hulle skaaphonde is met ‘n mes doodgemaak. Annemarie het haar man hoor skree en gesien hoe Alex op haar man sit met ‘n knopkierie. Sy het die knopkierie afgeneem en hom daarmee geslaan.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×