Eienaars van sakeondernemings in Bethlehem in die Vrystaat het hulle kommer uitgespreek oor die dreineringstelsel in die dorp. Bethlehem het gister deurgeloop onder swaar neerslae.   Volgens besigheidseienaars is gebrekkige instandhouding van stormwaterstelsels die oorsaak van oorstromings wanneer dit reën. Hulle sê water dam op en vloei in winkels in. Verskeie winkels, insluitend die Sechaba-sentrum in die middedorp is gister oorstroom en talle winkels moes sluit vir opruimingswerk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×