Remax se streeksdirekteur en uitvoerende hoof, Adrian Goslett, sê die effek van die renteverlaging sal gewoonlik vyf tot 12 maande later gevoel word.
Volgens Goslett sal die daling nou ‘n mate van uitwerking op verbruikersentiment hê, maar dit sal waarskynlik besluitneming later beïnvloed sodra die mark by die verlaagde rentekoerse aanpas.
LEES MEER: Suid-Afrikaanse Reserwebank verlaag rentekoers
Rentekoerse sal met 0,25% daal, wat die repokoers op agt persent te staan bring en die prima uitleenkoers op 11,5%.
Goslett sê die probleem is egter dat sodra die meerderheid potensiële kopers besluit om te belê, die vraag hoër vlakke bereik en huispryse dan styg.