Mense wie doodluiters hulle honde se ore vir kosmetiese redes en skou-rosette laat knip, maak hulself aan diereverminking skuldig.
Hierdie kriminele oortreding van die Dierebeskermingswet, kan tot‘n boete van R40 000 per aanklag lei, en kan skuldiges selfs ‘n jaar per aanklag agter tralies laat sit.
Jaco Pieterse, hoofinspekteur van die DBV Kaap die Goeie Hoop, het aan Rosestad-nuus gesê mense moet gewaarsku wees dat hierdie sinnelose praktyk nie geduld word nie.
Die tyd van skroom om die Wet te laat geld is reeds verby. Reinet Meyer, hoofinspekteur, verbonde aan die DBV in Bloemfontein, sê mense hier word gereeld van hierdie oortreding aangekla.
Volgens haar sny baie eienaars sommer self honde se ore met ‘n skêr. Dit word veral gedoen onder die pitbull-ras, met die doel op hondegevegte.