Ekonome het verbruikers gewaarsku om gereed te maak vir nog ‘n verhoging in die repokoers wanneer die reserwebank se monetêrebeleidskomitee volgende maand vergader. Die waarskuwing kom ondanks ‘n daling in wesensinflasie vir Januarie wat nou op ses-komma-nege persent staan. Terwyl die sentrale bank se besluit om die repokoers te verhoog glo ‘n temmer effek op inflasie gehad het, bly die wesensinflasie bo die inflasieband van tussen drie en ses persent.