Ekonome waarsku dat Suid-Afrika se indiensnemingsdata waarskynlik slegte nuus sal wees.

Statistieke Suid-Afrika sal volgende week die jongste kwartaallikse arbeidsmagopname vir die eerste kwartaal van 2025 publiseer.

Die vorige opname het ‘n effense verbetering getoon, met ‘n toename van 132 000 in die aantal werkende persone tot 17,1 miljoen.

Die amptelike werkloosheidskoers het in die vierde kwartaal van 2024 met 0,2 % tot 31,9%  gedaal.

Ekonome verwag dat die neiging sal omkeer namate die land se ekonomie aanhou onderpresteer, en nuwe gegradueerdes die arbeidsmag betree.

error: Inhoud is beskerm !!