Ekonome het gewaarsku dat die Reserwebank moontlik rentekoerse aanstaande week weens die opwaartse druk op die verbruikersprysindeks kan verhoog. Inflasie het in November verlede jaar tot vyf-komma-vyf persent gestyg. ‘n Ekonoom by Nedbank, Isaac Meshego, voorspel dat die VPI, wat vandeesweek bekendgemaak word, tot vyf-komma-sewe persent kan styg. Meshego sê hoewel dit steeds binne die Reserwebank se teikenband van drie tot ses persent val, is die sentrale bank bekommerd oor inflasievooruitsigte. Die Monetêre Beleidskomitee het in November die repokoers vir die eerste keer in drie jaar verhoog, met 25 basispunte tot drie-komma-7-5 persent.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×