Die vakbondfederasie Cosatu verwelkom die jongste daling in brandstofpryse.

Petrol- en dieselpryse het hierdie week met meer as ‘n rand gedaal.

Dit volg op ander dalings oor die afgelope twee maande. Cosatu sê die daling in brandstofpryse sal verligting vir miljoene Suid-Afrikaners en die ekonomie bring.

Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die regering moet steeds sy verbintenis nakom om die brandstofprysregime in die land te hersien. Intussen het ekonome gewaarsku dat toenemende spanning in die Midde-Ooste ‘n sesde agtereenvolgende brandstofprysdaling kan affekteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×